KWAZULU-NATAL. – ‘n Voetganger (50) is Vrydag beseer toe ‘n boom in Russomstraat in Verulam op hom geval het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die diens is deur ‘n verbyganger vir hulp na die toneel ontbied. Met aankoms is gevind die bestuurder van ‘n Komatsu-padskraper het teen die boom gestamp terwyl hy probeer parkeer het. Die boom het omgeval en die voetganger getref. Hy het ‘n fraktuur aan sy regterbeen opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na ‘n hospitaal geneem is.





