Buitelander wat glo van plaashuis steel, doodgeslaan

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Buitelandse burger wat glo Woensdagmiddag op heter daad met gesteelde goedere op ‘n plaas in Ficksburg betrap is, is met ‘n knopkierie en stok doodgeslaan.

Adj.off. Mmako Mophiring sê na bewering is die oorledene omstreeks 16:30 deur twee persone (nou verdagtes) met drie sakke met klere en kruideniersware afkomstig van die plaasopstal, opgemerk. Daar is ontdek hy het ‘n deur van die plaasopstal oopgebreek om toegang te verkry. Toe hy gekonfronteer is, het hy met ‘n skêr op die twee verdagtes afgestorm. Hulle het hom oorval en met ‘n knopkierie en stok aangerand. Toe hy bewusteloos is, is die polisie gebel, waarna hy op die toneel dood verklaar is.

Die oorledene is as ‘n buitelandse burger geïdentifiseer.

Die verdagtes is op aanklag van moord gearresteer en het Vrydag in die Ficksburg-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief