Topleerling van provinsie ontvang haar motor

Lees ook :

Foto's: Mpumalanga Departement van Onderwys

MPUMALANGA. – Gugu Libambo (17), die provinsiale topleerling van die klas van 2024, en voormalige leerling aan Hoërskool Mphanama in Mhluzi, Middelburg, het Vrydag haar splinternuwe geborgde motor in ontvangs geneem.

Mpumalanga se departement van onderwys sê in ‘n verklaring die motor is by die skool in die Steve Tshwete-distriksmunisipaliteit aan haar oorhandig nadat die registrasieproses voltooi is. Cathrine (Cathy) Dlamini, die LUR van onderwys in die provinsie, rdl. Mhlonishwa Masilela, die uitvoerende burgemeester, uitvoerende raadslede van die distrik en amptenare van die plaaslike munisipaliteit was by die oorhandiging.

Libambo het al haar vakke met onderskeidings geslaag en het ander leerlinge gemotiveer en gesê: “Leer asseblief slim; wat ek bereik het, is moontlik. Ek wil baie graag almal bedank wat bygedra het tot my prestasie. Ek is bly dat daar ‘n kar vir my wag.”

Sy het ‘n volle beurs van die provinsiale regering ontvang, asook verskeie geskenkpakke, en onder meer ‘n skootrekenaar, mikrogolfoond, ‘n kroegyskas en ‘n strykyster van borge. Libambo, wat binnekort 18 word, beplan om verder te studeer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief