WES-KAAP. – ‘n Verdagte (37) wat glo Vrydagaand, omstreeks 22:30 in Puntstraat in Mosselbaai ‘n man (34) geskiet en gewond het, verskyn vandag op ‘n aanklag van poging tot moord in die Mosselbaai-landdroshof.
Sers. Christopher Spies sê die mans was na bewering in ‘n woordewisseling betrokke toe ‘n skoot geskiet is. Die een man het ‘n wond aan sy lyf opgedoen en is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Die verdagte is vir poging tot moord gearresteer, waartydens ‘n 9 mm-pistool gekonfiskeer is.
Hy maak vandag sy eerste hofverskyning.





