Lees ook: Donald Trump maak verskeie beloftes, onttrek van WGO en klimaatsooreenkoms
COLOMBIA. – Donald Trump het twee Amerikaanse militêre vliegtuie gebruik om migrante wat hy laat deporteer het na Colombia te neem.
Die president van Colombia het aanvanklik die twee vliegtuie verhoed om te land en het gesê sy land sal die mense op “siviele vliegtuie aanvaar sonder om hulle soos kriminele te behandel”.
Trump het Colombia gedreig met ‘n 25%-tarief op al hulle goedere, waarna die Colombiese president, Gustavo Petro, ingestem het om die vliegtuie sonder “vertraging of beperkinge” te aanvaar.
Die Wit Huis het die ooreenkoms met Colombia ‘n oorwinning vir Trump genoem.
Bronne: BBC, Evening Standard, Euronews
Lees ook: Donald Trump maak verskeie beloftes, onttrek van WGO en klimaatsooreenkoms





