VRYSTAAT. – Een persoon het gesterf en nog een is beseer toe ‘n bakkie waarin hulle op reis was, Maandag op die N8 Sanaspospad by die Modderrivierbrug, oos van Bloemfontein, van die pad af na benede is.
VR Medical (VRMED) sê dié diens en ander diense het hulle na die ongelukstoneel aan die onderkant van die brug gehaas. Die beseerde insittende van die voertuig moes na ‘n ambulans in die pad gebring word. Die ander insittende is op die toneel dood verklaar.








