Beeldmateriaal in berig
WES-KAAP. – ‘n Dolfyn het Maandag in te vlak water op die strand vasgeval en kon nie weer die see inswem nie. Matthew Brading en Ethan Buncombe het nie gehuiwer om te help nie en het die dolfyn weer dieper die see ingehelp.
Fish Hoek Surf Livesaving Club sê op sosiale media die twee Vishoek-lewensredders het ‘n groter gemeenskap gedien.
“Altyd wonderlik om te sien hoe ons lewensredders na alle strand- en seegangers omsien.”





