Lees ook: Fase 3-beurtkrag begin om 17:00
UGANDA. – ’n Manlike verpleër is Woensdag in Uganda aan Ebola oorlede.
Die ministerie van gesondheid het bevestig daar is tans ’n uitbraak van die Soedan Ebola-virus in Kampala na toetse van drie laboratoriums af positief teruggekom het.
Die verpleër het by die Mulago-hospitaal in Kampala gewerk en is na verskeie hospitale vir behandeling gestuur nadat hy ’n koors ontwikkel het.
Minstens 44 mense wat met hom in kontak was, is gevind, insluitend 30 werkers en pasiënte by die Mulago-hospitaal waar hy gewerk het.
Voorsorgmaatreëls sal ingestel word om ’n volskaalse uitbraak van die virussiekte te verhoed.
Bronne: Euronews, All Africa, ABC News
Lees ook: Fase 3-beurtkrag begin om 17:00





