Prominente figuur doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Facebook

MPUMALANGA. – Dr. Ezrom Mathumbu, van Action SA, pastoor, radiopersoonlikheid van Limpopo SABC Munghana Lonene FM en sakeman is Woensdagaand omstreeks 19:30 doodgeskiet.

Brig. Donald Mdhluli sê die skietinsident het op die R536-pad by Cork Trust, tussen Mkhuhlu en die Kruger Nasionale Park, in die munisipale gebied van Bosbokrand, plaasgevind. Mathumbu is na bewering verskeie kere in sy Toyota GD-6-bakkie, in wat ‘n aanval blyk te wees, getref. Hy is op die toneel dood verklaar. Die oorledene is nie beroof nie en die polisie kon geweerkoeëldoppe op die toneel vind.

Die motief vir die moord is tans onbekend en daar word na verdagtes gesoek. Enigiemand met relevante inligting van die misdaad wat die polisie in hulle ondersoek kan help, word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief