Hoërskoolleerling met ‘ongelisensieerde vuurwapen’ gearresteer

Lees ook :

Foto: SAPD

OOS-KAAP. – ‘n Potensiële bedreiging vir skoolveiligheid is afgeweer toe ‘n gr. 11-leerling (20) Woensdag in Majola, Port St. Johns, op aanklag van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem is.

Kapt. Welile Matyolo sê Majola-polisie is Dinsdagaand na die woonplek van ‘n leerling in Ngxongweni, Luthengele, nadat inligting ontvang is. Tydens deursoeking van die leerling se kamer is op ‘n 9 mm-pistool met ‘n reeksnommer, maar sonder ammunisie, afgekom. Die leerling, oorspronklik van Swazini, is dadelik in hegtenis geneem.

Matyolo sê die polisie ondersoek hoe die leerling in die besit van die vuurwapen gekom het en probeer die wettige eienaar opspoor.

Die leerling het Donderdag op aanklag van die onwettige besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in die Port St. Johns-landdroshof voorgekom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief