KWAZULU-NATAL. – ‘n Ongeluk het Donderdag op die R614 Noodsbergpad, naby Pietermaritzburg, veroorsaak dat ‘n brandweerwa tydens impak in twee verdeel het en ‘n vragmotor omgeslaan het.
KwaZulu Private Ambulance Service se paramedici het op die toneel mediese hulp toegepas waar ‘n kritiek beseerde insittende in die brandweerwa se wrak vasgekeer is. Nooddienste het gewerk om die vasgekeerde te bevry en drie ander beseerde insittendes te stabiliseer. ‘n Landingsone is bewerkstellig om die kritiek beseerde insittende van die brandweerwa vir verdere hulp na ‘n mediese fasiliteit te vlieg.
‘n Nooddienswerker is tydens die reddingsoperasie beseer.






