Polisiebesoek aan skool lewer verskeie onwettige items op

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Die polisie het Dinsdag 12 klasse tydens die Safer Schools Programme by ‘n hoërskool in Bloemfontein besoek. Verskeie onwettige items is gekonfiskeer.

Lt.kol. Thabo Covane sê die doel van die skooldeursoeking is om boeliegedrag, geweld en dwelmhandel en -misbruik in die leeromgewing aan te spreek. Terwyl die 12 klasse deursoek is, is 300 leerlinge van misdaad bewus gemaak.

Die polisie het op ‘n mes, daggakoekies (space muffins) en Rizla-gerolde dagga beslag gelê. ‘n Leerling het verskeie leë plastieksakkies vir dwelms gehad.

Covane bevestig vier leerlinge is vir verdere optrede aan die skoolbestuur oorhandig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief