SAL-vlieëniers is van vandag (Woensdag) af op ’n werk-volgens-die-reëls-protesaksie oor ongelukkigheid met die lugredery se aanbod vir salarisonderhandelinge. Dit beteken hulle doen net wat hulle moet doen; geen ekstra werk nie.
Lees ook: SAL-vlieëniers vra vir nuwe vlugrooster en beter voordele na staking
Die SAA Vlieëniersvereniging (Sapaa) en National Transport Movement Pilot Forum is ongelukkig met SAA se drie jaar loonaanbod. Die SAL se aanbod is ’n 7.3%-verhoging in 2025 en ’n 7.6%-verhoging in 2026 en 2027.
Onderhandelinge het in Mei 2024 begin met eise vir ’n 30%-verhoging wat later verminder na 15.7% is. SAL het in November ’n 7.2%-verhoging en mediesefondssubsidie van R2 275 tot R4 000 maandeliks ingestel, wat tot ’n staking op 5 Desember gelei het.
Die vlieëniers het toe gevra vir ‘n nuwe vlugrooster wat in Mei ingestel sal word.
SAL het gesê hulle voel die verhoging wat hulle op 5 Maart aangebied het, is regverdig, maar sal aanhou onderhandel met die werkerforums. Daar is ook stelsels in plek om te keer dat vertragings of gekanselleerde vlugte voorkom.
Bronne: Algoa FM, BusinessTech, IOL
Lees ook: SAL-vlieëniers vra vir nuwe vlugrooster en beter voordele na staking





