GAUTENG. – Nog drie gevalle van a-pokke is met laboratoriumtoetsing in Ekurhuleni, Gauteng, bevestig. Die gevalle is ‘n man (38), ‘n vrou (33) en ‘n tienerseun (14). Hulle het ook positief vir die herpesvirus getoets.
Foster Mohale, woordvoerder van die gesondheidsdepartement, waarsku die publiek om versigtiger te wees. Die vrou en die tienerseun is kontakte van die man wat gediagnoseer is. Mohale bevestig die nuwe gevalle is plaaslik oorgedra, aangesien die pasiënte nie oorsee of selfs na ander streke waar gevalle reeds aangeteken is, gereis het nie.
Mohale bevestig al drie die pasiënte issoleer tans self en ontvang mediese hulp en leiding. Klem word op die gebruik van kondome tydens seksuele omgang gelê. Die herpesvirus is behandelbaar, maar nie geneesbaar nie.
Kontakopsporing duur voort.
Lees die volledige verklaring wat uitgereik is hier onder:






