Al het die 20ste Maart, wat die afsnydatum was om die goue Sassa-kaart met die nuwe swart Postbank-kaart te vervang, reeds verstryk, sal die nuwe kaarte steeds uitgereik word. Die goue Sassa-kaart kan net nie meer gebruik word nie.
Sassa sê in ‘n verklaring ontvangers van Sassa-toelae, wat nog nie hulle kaarte omgeruil het nie, moenie bekommerd wees nie. Diegene wat steeds die goue Sassa-kaart het, word aangeraai om steeds die kaart by Shoprite, Checkers, Usave, Pick n Pay, Boxer en Spar om te ruil.
Alternatiewelik kan ‘n goue kaarthouer *120*355# skakel om vas te stel waar kaarte omgeruil kan word.
Begunstigdes wat nog die goue Sassa-kaart het, kan steeds hul toelaag oor die toonbank by die Poskantoor ontvang deur die toon van ‘n ID.





