KWAZULU-NATAL. – Siyabonga Wiseman Ndlovu (34) is vir die moord op sy dogter (2), asook die aanranding van haar ma met die doel om ernstig te beseer tot 22 jaar tronkstraf in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gevonnis.
Lt.kol. Paul Magwaza sê Ndlovu is op 3 April 2024 na Bangibizo, in Umthwalume, waar hy sy gewese meisie (40) met ‘n stok aangerand het. Sy is enrstig beseer, waarna ‘n saak by Hibberdene-polisiestasie oopgemaak is.
Op 20 April 2024 was die meisie by haar nuwe kêrel toe Ndlovu opdaag en eis om sy dogter (2) te sien. Hy het gedreig om sy dogter weg te neem. Sy is later met geweld by haar tannie se huis in Esiqungeni verwyder. Haar pa het haar verwurg en vir sy gewese meisie gesê waar sy haar kind se liggaam kon kry. ‘n Moordsaak is by die polisie geregistreer, waarna Ndlovu gearresteer is.
Met bewyse en ‘n behoorlike ondersoek het Ndlovu in die Pietermaritzburg-hooggeregshof op die aanklagte teen hom skuldig gepleit. Hy is op 19 Maart op die aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer tot twee jaar tronkstraf en vir die moord op sy dogter tot ‘n verdere 20 jaar tronkstraf gevonnis.





