Hoop uit die Woord: Moenie alles glo wat jy dink nie

Lees ook :

20 April | Hoop uit die Woord: Moenie alles glo wat jy dink nie
20 April | Hoop uit die Woord: Moenie alles glo wat jy dink nie

God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer.

Handelinge 17:30

In ‘n vriend van my se studeerkamer hang ‘n vreemde, maar baie interessante, spreuk. Dit lui: Moenie alles glo wat jy dink nie.

Dié spreuk het natuurlik betrekking op ons siening van die lewe, maar veral ook op ons verhouding met ander mense en hoe ons hulle beskou. Die gevaar hier is dat ons toelaat dat ‘n negatiewe ervaring, of nog erger, ons eie vooroordele of vrese, ons denkbeeld of siening van ander bepaal. 

Sodat ons onsself maklik in dié opsig kan misgis of bedrieg. Onsself dinge kan wysmaak oor mense wat glad nie ooreenstem met wie hulle werklik is nie. En hulle dan op dié manier maklik in ons kop kan afskryf, of vaspen op ‘n stereotipe beeld wat ons, dikwels vanweë ons opvoeding, oor hulle het.

Wie goed na die evangelie luister, sal weet dat ons hier versigtig moet wees. Want die evangelie verwag van ons om soos Jesus oor ander te dink. Veral ook met sý oë na almal te leer kyk.

En dit kan beteken dat ons nie altyd alles kan glo wat ons van mense dink of geleer is nie. Trouens, wie die opgestane Here volg, se denke sal gedurig aan ‘n proses van gesonde selfkritiek, hersiening en selfs vernuwing onderwerp word.

Maar dít is presies wat egte bekering volgens die Bybel beteken.

O Here, bring ons tot bekering, vernuwe vandag ons denke. Bring dit weer in ooreenstemming met u siening van dinge en van mense. Amen

Geskryf deur Carel Anthonissen vir Bybel-Media

Om elke dag die Boodskap van Vandag te ontvang, kliek hier. Om hierdie inisiatief te ondersteun, kliek hier.

LEES OOK: Boodskap vir Vandag maak ’n impak!


Vrywaring: Nuusflits publiseer advertensies en geborgde inhoud vir bemarkingsdoeleindes. Die sienings en aansprake wat in advertensies geuiter word, weerspieël nie die standpunte van Nuusflits, sy redaksie, of enige van sy affiliasies nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief