Brekende Nuus
Afrikaans

Drie persone, kleuter ingesluit, sterf in ongeluk

Foto's: Departement van Gemeenskapsveilignheid, Sekuriteit en Skakeling
Foto's: Departement van Gemeenskapsveilignheid, Sekuriteit en Skakeling

MPUMALANGA. – Drie mense, insluitend ’n kleuter, het Vrydagaand in ‘n ongeluk tussen ‘n vragmotor en ‘n veeldoelige voertuig op die R35 tussen Bethal en Middelburg gesterf.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê nog drie persone het ernstige beserings opgedoen en nog twee is lig beseer. Die beseerdes is vir mediese behandeling na ’n nabygeleë hospitaal in Middelburg geneem.

Volgens vroeë aanduidings het een van die bestuurders moontlik die pad betree toe dit nie veilig was nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]