Vier verdagtes deur polisie doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Vier verdagtes wat in verband met moord gesoek is, is Dinsdagmiddag op die M4-hoofweg in Umlazi tydens ‘n skietery met die polisie dood.

Kol. Robert Netshiunda sê die verdagtes is gesoek vir moordsake wat in die Inanda-omgewing gepleeg is. Inligting oor waar die verdagtes hulle bevind, is deur die polisie bekom. Hulle het egter weggejaag toe daar op hulle by ‘n winkelsentrum toegeslaan is. Met die polisie kort op hulle hakke het die verdagtes op die polisie geskiet en die polisie het vir hulle eie en ander padgebruikers se veiligheid teruggeskiet. Die verdagtes is noodlottig gewond, terwyl geen polisielid beseer is nie.

Netshiunda bevestig drie vuurwapens is in die verdagtes se besit gevind. Hulle is vir ten minste drie moordsake in Inanda, waarvan twee dubbelmoorde gedurende Maart en April gepleeg, gesoek.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens is na ‘n skietinsident tussen die polisie en beweerde verdagtes ontbied. Die toneel was reeds afgekordon en paramedici is gewys waar vier mans met veelvuldige skietwonde in ‘n voertuig was. Al vier die mans is dood verklaar. Die omstandighede van die insident word verder deur owerhede wat op die toneel was, ondersoek.

Jamieson sê ten tyde van die aktiewe toneel was die M4, naby die ou lughawe vanaf Merebank in ‘n suidelike rigting, vir motoriste toegemaak.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief