Gekaapte voertuig binne 40 min. teruggekry

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – ‘n Wit Fiat is Dinsdag omstreeks 10:00 in Rocklands van sy eienaar gekaap, waarna lede van die polisie se provinsiale teen-bende-eenheid van Bloemfontein dit binne 40 minute teruggekry het.

Sers. Mahlomola Kareli sê lede van die eenheid het die voertuig omstreeks 10:35 opgemerk terwyl hulle op patrollie was. Die voertuig is agtervolg, waarna die bestuurder dit op die kruising van Moseme- en Thaka Lekwalastraat net so gelos en te voet gevlug het.

Kareli sê die verdagte bestuurder word gesoek. ‘n Kapingsaak is deur die voertuig se wettige eienaar by die Kagisanong-polisie oopgemaak.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief