Verskeie mense dood na bestuurder in skare by Vancouver-fees inploeg

Lees ook :

Verskeie mense dood na bestuurder in skare by Vancouver-fees inploeg fotokrediet: X

VANCOUVER. – Verskeie mense is gister (Saterdag) dood en verskeie mense is beseer na ’n voertuig tydens ’n straatfees in Vancouver in die skare ingeploeg het .

Lees ook: 20 beseer in aardbewing in Ecuador

Dit is onbekend hoeveel mense oorlede is en hoeveel beseer is.

Die bestuurder van die swart SUV wat in die voetgangers ingery het, is op die toneel in hegtenis geneem. Die Lapu Lapu-fees vier die Filippynse kultuur in die suide van Vancouver.

Dit is onbekend hoekom die bestuurder in die skare ingeploeg het.

Die voorval het slegs twee dae voor Kanada se parlementêre verkiesing plaasgevind.

Bronne: DW – South Africa, BBC, NBC News

Lees ook: 20 beseer in aardbewing in Ecuador

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief