PAKISTAN. – Pakistan se minister van inligting, Attaullah Tarar, het gesê die land het inligting ontvang dat Indië ’n militêre aanval op die land in die volgende 36 uur beplan.
Lees ook: 26 toeriste dood in terreuraanval in Kashmir
Dit volg na Indië Pakistan beskuldig het daarvan dat dit militante ondersteun het wat verlede week Kashmir aangeval en 26 toeriste doodgemaak het. Islamabad het die aantygings ontken.
Die minister van inligting het beweer Indië is van plan om die terreuraanval as ’n “verskoning” te gebruik om Pakistan aan te val en dat “daar ’n reaksie sal wees as Indië enige militêre aksie neem”.
Bronne: BBC, CNN, The Times of India





