ROTTERDAM. – ’n Kind het ’n skildery wat meer as £42 miljoen werd is in die Museum Boijmans Van Beuningen beskadig terwyl dit ter besigtiging vir die publiek in ’n stoorfasiliteit by die museum was.
Lees ook: Tiener in hegtenis vir skietery in Swede
Die kind het aan die Mark Rothko-skildery gevat terwyl dit geskou is. ’n Woordvoerder vir die museum het gesê: “Klein krapmerke was sigbaar in die ongeseëlde verflaag op die laer gedeelte van die skildery”. Die woordvoerder het gesê die museum het kenners gekontak en is besig om die stappe om die skildery te herstel, na te vors.
Dit is onbekend hoeveel dit sal kos om die skildery reg te maak.
Bronne: The Independent, Sky News, Euronews
Lees ook: Tiener in hegtenis vir skietery in Swede





