KASHMIR. – Minstens 26 toeriste, die meeste Indiërs, is in ’n bloedige terreuraanval doodgeskiet toe gewapende mans ’n vakansieoord in die Baisaran-grasland naby Pahalgam aangeval het. Die aanval, wat volgens die polisie deur militante uitgevoer is, het ook tot die besering van sowat 30 ander persone, van hulle in ‘n kritieke toestand, gelei.
Lees ook: Koue vir die week, sneeu oor die Drakensberge voorspel
Die plaaslike owerhede het bevestig dat die meeste slagoffers Indiese burgers was wat tydens hul vakansie in die streek was. Die polisie het die voorval as ’n terreurdaad beskryf en glo die militante is deel van ’n opstand teen die Indiese regering se teenwoordigheid in die omstrede Kashmir-streek.
Die polisie en soldate is op soek na die verdagtes.
Bronne: The Mirror, BBC, Sky News
Lees ook: Koue vir die week, sneeu oor die Drakensberge voorspel





