VRYSTAAT. – Nta Bennet Mokoena (33) van die Lucia-plaasdistrik in Bethlehem is vir die moord op Matseko Mofokeng (28), sy vrou, wat brutaal voor ander plaasbewoners met ’n geroeste, skerpgemaakte staalpyp doodgeslaan is, tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
AO Mmako Mophiring sê die oorledene is op 2 Maart 2024 omstreeks 23:25 gesien waar sy op ‘n ander erf op die plaas vir haar man wegkruip. Sy het van hom probeer wegvlug, maar hy het haar ingehaal en volgens ooggetuies herhaaldelik geslaan totdat sy bewusteloos was. Sy is later dood verklaar, waarna Mokoena gearresteer is. Hy het op 6 Maart 2024 in die Bethlehem-landdroshof voorgekom en is sedertdien in afwagting van sy verhoor in aanhouding.
Mokoena is op 30 April skuldig bevind en gevonnis. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





