Vrou sterf in bylaanval by universiteit in Poland

Lees ook :

Vrou dood tydens bylaanval by universiteit in Poland fotokrediet: X

POLAND. – ’n Vrou is gisteraand (Woensdag) dood tydens ’n bylaanval by die Universiteit van Warsaw in Poland.

Lees ook: Polisie glo nie daar was vuilspel betrokke by konstabels se dood nie

Die vrou het as ’n portier by die universiteit gewerk toe ’n derdejaarstudent in die Regte (22) die gebou deur ‘n lesingsaal ingegaan het. Die vrou was besig om haar laaste rondtes te maak voor die gebou sou sluit toe die verdagte haar met die byl aanval en haar gedood het. Plaaslike media het berig sy is onthoof. ’n Veiligheidswag het haar probeer help, maar is verskeie keer deur die aanvaller gewond en is na die hospitaal geneem.

Nog veiligheidswagte en die polisie kon die verdagte vang. Die motief vir die moord en aanval is onbekend.

Bronne: BBC, The Sun, Daily Mail

Lees ook: Polisie glo nie daar was vuilspel betrokke by konstabels se dood nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief