SAL ondersoek kuberkraakvoorval van naweek

Lees ook :

SAL ondersoek kuberkraakvoorval fotokrediet: Canva

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het onafhanklike digitale forensiese ondersoekers aangestel na dit op Saterdag 3 Mei 2025 onder ’n kuberkraakvoorval deurgeloop het.

Lees ook: DA dien mosie van wantroue in teen Jhb-burgemeester en -speaker

Die aanval het tydelik toegang tot die SAL se webtuiste en toep onderbreek en het ook verskeie interne operasionele sisteme aangetas.

Volgens die SAL het hulle ‘n onafhanklike forensiese ondersoek na die voorval ingestel. Ondersoekers sal bepaal of enige data van kliënte en werknemers gesteel is. SAL het onderneem om enigiemand wat die slagoffer van moontlike databreuk was, in kennis te stel.

Dit volg na MTN in April deur kuberkrakers geteiken is en “toegang tot persoonlike data” van kliënte in “sekere markte” verkry is.

Bronne: Biz Community, Tech Central, The Citizen

Lees ook: DA dien mosie van wantroue in teen Jhb-burgemeester en -speaker

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief