Polisie glo nie daar was vuilspel betrokke by konstabels se dood nie

Lees ook :

Polisie glo nie daar was vuilspel betrokke in konstabels se dood nie fotokrediet: SAPD

CENTURION. – Volgens die polisie is daar nie vuilspel soos ‘n komplot betrokke by die dood van drie SAPD-konstabels nie. Volgens die SAPD se nasionale adjunkkommissaris van misdaadondersoek, Shadrack Sibiya, is die konstabels oorlede in ’n ongeluk, vermoedelik veroorsaak deur roekelose bestuur.

Lees ook: Polisiekonstabels se liggame gevind

Sibiya het gesê daar is bewyse dat konst. Keamogetswe Buys, konst. Boipelo Senoge en konst. Linda Cebekhulu laat van Bloemfontein af gery het en dat hulle ‘n hoë snelheid gehandhaaf het terwyl dit gereën het.

Hy het gesê ’n persoon wat agter hulle in ‘n bakkie gery het, het getuig hulle het verby hom gejaag en dat hy agter hulle gery het tot by ‘n motorhawe, gesien hulle is nie in die moeilikheid nie en verder gery. Sibiya het gesê die polisie kon hulle spoor volg tot op Heidedal waar die sein vir hulle voertuig verdwyn het.

Owerhede het gesê hulle glo die voertuig gebots, gerol en deur die padreling gebars. Die liggame van al drie konstabels is uit die Hennopsrivier herwin.

Die ondersoek duur steeds voort terwyl forensiese kundiges die voertuig ondersoek. ’n Nadoodse ondersoek word ook op die liggame uitgevoer.

Bronne: eNCA, Briefly, The Citizen

Lees ook: Polisiekonstabels se liggame gevind

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief