Shawarma-winkel oor oortredings met voedselveiligheid gesluit

Lees ook :

Foto's: EThekwini Munisipaliteit

KWAZULU-NATAL. – ’n Shawarma-winkel in die sentrale sakegebied van oThongathi is Donderdag deur die stad se omgewingsgesondheidspraktisyn van die noord 6-kantoor gesluit, toe ernstige oortredings van voedselveiligheidsregulasies tydens ‘n roetine-inspeksie geïdentifiseer is.

Die EThekwini-munisipaliteit sê in ‘n plasing swak huishouding, onhigiëniese toestande, strukturele skade en gebreekte toerusting sowel as onvanpaste hantering van voedsel is met die inspeksie aangetref.

“Ingevolge Regulasie 638 van die Wet op Voedings-, Skoonheids- en Ontsmettingsmiddels is beveel die winkel moet onmiddellik sluit,” het die munisipaliteit gesê. “Dit sal gesluit bly totdat alle probleme opgelos is en die perseel aan gesondheids- en veiligheidstandaarde voldoen.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief