Simoné Pretorius (neé Nortmann) en haar man Andries se jongste, ‘n dogtertjie, is Dinsdag gebore. Die veelsydige film-, televisie- en teateraktrise is nou ‘n ma van drie spruite nadat sy in 2022 ‘n miskraam gehad het.
Die paartjie is op 23 Februarie 2019 getroud en Harper, hul eersteling is op 3 Mei 2021 gebore, waarna James, hulle seuntjie op 23 Januarie 2024 gebore is.
Pretorius het die geboorte van hulle jongste spruit op Instagram aangekondig.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





