Moontlike oorsaak van ongeluk bekendgemaak ná vlootskip teen Brooklyn-brug bots

Lees ook :

Moontlike oorsaak van ongeluk bekendgemaak na vlootskip teen Brooklyn brug bots fotokrediet: X

VSA. – Owerhede het die moontlike oorsaak bekendgemaak van die Mexikaanse vlootskip, die Cuauhtémoc, wat Saterdagaand teen die Brooklyn-brug in New York gebots het.

Lees ook: Sneeu en koue fronte vir die week voorspel

Twee mense het in die ongeluk gesterf en 19 ander is in die voorval beseer.

Die plaaslike burgemeester, Eric Adams, het op ’n nuuskonferensie gesê die ongeluk is waarskynlik deur ‘n meganiese probleem veroorsaak.

Volgens hom het die skip krag verloor, wat veroorsaak het dat die vaartuig in ‘n verkeerde rigting beweeg het. DIe skeepskaptein het dit bevestig.

Die skip se maste, wat teen die brug gebots het, was 158 voet hoog, terwyl die brug slegs 135 voet ruimte gehad het vir die maste om veilig onderdeur te gaan.

Die Nasionale Raad vir Vervoer en Veiligheid (NTSB) is steeds besig om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Bronne: LADbible, The Independent, PEOPLE

Lees ook: Sneeu en koue fronte vir die week voorspel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief