Die Suid-Afrikaanse weerdiens het twee koue fronte en sneeu vir die week voorspel.
Lees ook: Koue fronte voorspel vir volgende week
’n Waarskuwing is verlede week uitgereik oor twee koue fronte wat die land die week gaan tref. Die eerste koue front slaan na verwagting vandag in die Wes-Kaap toe voor dit tot Woensdag na die Suidkus en Oos-Kaap versprei. Die tweede koue front is vanaf Dinsdag te wagte, waarna dit na die Noord-Kaap en Oos-Kaap sal uitbrei en tot Vrydag aanhou. Sneeu, yskoue temperature en reën word saam met die koue fronte voorspel.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku sneeu sal moontlik Dinsdag begin oor hoë gebiede in die Oos-Kaap en Wes-Kaap voorkom. Reën is ook vir die suid-westelike en oostelike dele van die land voorspel.
Bronne: SAWD
Lees ook: Koue fronte voorspel vir volgende week





