Verdagte oor moord op tiener in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Man (28) is Sondag in verband met die moord op ‘n seun (13) in Angelierstraat, in Railton, Swellendam, deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in hegtenis geneem . Die verdagte sal vandag sy eerste hofverskyning maak.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder vir die Tuinroete, sê die polisie is omstreeks om 05:30 na die toneel ontbied. Die tienerseun is met verskeie steekwonde aan die skouer en gesig aangetref. Paramedici het die slagoffer op die toneel dood verklaar.

Die verdagte is Dinsdag, in Rekonkelstraat, in Railton, vasgetrek en bly in polisie-aanhouding.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

  1. Hkm word ons kinders so vermoor hkm word ons kinders verkrag Om iemand net te steek en net weggerak dus wreed wat dink jy die moment jy Dai mes vat en steek hoeveel moorde is Reed’s Yt die family sit met seer Dan word Dai een vrygelat op Borg van R300 of Meer terwyl die family sit met Groot skades van begrafnis Harte wat gebreek is waneer gan dt stop ons is moeg genoeg is genoeg Geen Borg

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief