KWAZULU-NATAL. – ‘n Man wat in vullisdromme grawe het Vrydagoggend, omstreeks 02:00, ‘n lewelose pasgebore baba in koerantpapier in ‘n vullisdrom in Dr. Pixley Ka Semestraat in Durban se middestad ontdek.
Ensure Security sê in ‘n sosialemedia-plasing die man het lede van die Urban Regeneration-span geroep om ondersoek te kom instel.
Die toneel is beveilig en vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





