Eskom in KwaZulu-Natal het gewaarsku dat verskeie kragonderbrekings in die provinsie weens swaar reën, sneeu en erge wind kan voorkom.
Lees ook: Oranje vlak 9-waarskuwing uitgereik oor reën
Gebiede wat tans sonder krag is, sluit in: Empangeni, Melmoth, Inkosi, Mtubatuba, Ulundi, Hluhluwe, Jozini, Nongoma, Eshowe, Bergville, Ladismith, Ingagane, Paulpietersburg, Ixopo, Kokstad, Cedarville, Franklin, Umzimkhulu, Bulwer, Lamington, Harding, Ingeli, Paddock, Edendale en Riverdale.
Eskom het gesê tegnikusse is besig te werk om die elektrisiteitstoevoer na die gebiede te herstel.
Bronne: Eskom





