GAUTENG. – ‘n Minderjarige (12) het Maandag in die teenwoordigheid van sy voog op aanklag van strafbare manslag en die bestuur van ‘n motorvoertuig sonder ‘n geldige bestuurslisensie in die Brakpan-landdroshof verskyn.
Lumka Mahanjana, streekwoordvoerder van die NVG, sê die minderjarige het na bewering Saterdag omstreeks 13:00 sy ouers se voertuig op die hoek van Madeley- en Norhdenestraat bestuur. Hy het toe glo eers oor ‘n tienerseun (14) gery en daarna teen ‘n muur tot stilstand gekom. Die tienerseun is op die toneel dood verklaar. Die minderjarige is na die Brakpan-aanklagtekantoor geneem, waarna hy Sondag in die sorg van sy ouers vrygelaat is.
Mahanjana sê die saak is om sy strafregtelike toerekeningsvatbaarheid te bepaal tot 28 Augustus uitgestel.
Lees meer hier onder:
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





