Verdagte word gesoek ná skietery op susters

Lees ook :

Verdagte word gesoek ná skietery op susters fotokrediet: Canva

MPUMALANGA. – Die polisie is op soek na ’n verdagte wat twee susters, onderskeidelik 21 en 11 jaar oud, gisteroggend in Hlangalezwe Trust, Calcutta geskiet het.

Lees ook: 16 miljard wagwoorde op internet gelek

Luidens die polisieverklaring het die 21-jarige en haar ma in dieselfde bed geslaap terwyl die 11-jarige en hulle broer in dieselfde vertrek op die vloer geslaap het toe skote van buite af deur die deur gevuur is.

Twee koeëls het die ouer suster in haar bolyf getref en een die jonger suster in haar onderlyf. Hulle het daarna iemand hoor weghardloop.

Die slagoffers is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Bronne: SAPD

Lees ook: 16 miljard wagwoorde op internet gelek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief