Gesonde babaseun in babakluis gevind

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ’n Gesonde babaseun is Saterdagmiddag in die Baby Box by Christ Church in Umhlali gevind.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê ‘n alarm het mediese spanne en vrywilligers van dié diens ontbied. Die baba is veilig gevind en onmiddellik in die sorg van Hearts that Hope geplaas. Alle betrokke owerhede is in kennis gestel. Die Baby Box is twee jaar gelede as deel van ’n projek deur Project Life SA en Baby Savers SA by die kerkmuur geïnstalleer. Dit gee moeders ’n veilige en anonieme manier om hulle babas af te staan. Die babareddingsboks word 24 uur per dag gemonitor en moeders bly ten volle anoniem.

Die moeders word aangemoedig om kontak te maak indien hulle hul besluit om die baba af te gee, sou heroorweeg.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief