Baba glo verwurg en in puttoilet gegooi

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die liggaam van ’n baba, sowat 12 dae oud, is Woensdagmiddag dood uit ‘n puttoilet gehaal. Haar ma (21) is as ‘n moordverdagte deur die Vhulaudzi-polisiekantoor in hegtenis geneem.

Brig. Hlulani Mashaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê volgens inligting was die verdagte omstreeks 14:00 saam met haar dogter en haar ma in Tshitavha by die huis. Die baba het geslaap toe die ouma na die lande toe is om gewasse nat te lei. Sy was sowat ‘n uur weg, waarna sy met aankoms tuis haar dogter op ‘n stoel in die eenvertrekhuis aangetref het. Sy het vir haar dogter gesê om die baba wakker te maak en te borsvoed. Haar dogter het glo geantwoord dat haar baba in ’n puttoilet geval het. Die ouma het aanvanklik gedink haar dogter maak ’n grap, maar toe sy dit herhaal, het sy dadelik bure ontbied om hulp te verleen.

Nooddienste en die plaaslike polisie is na die toneel ontbied en het die baba dood verklaar.

“Die moeder van die oorledene het erken dat sy die baba met ’n skoenveter verwurg het totdat sy haar bewussyn verloor het en haar daarna in die puttoilet gegooi het,” het brig. Hlulani Mashaba gesê.

Die 21-jarige is in hegtenis geneem. Sy het Vrydag op ‘n aanklag van moord in die Dzanani-landdroshof voorgekom. Die motief vir die voorval is tans onbekend.

Polisie-ondersoeke duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief