MPUMALANGA. – Drie mense is Saterdag in ’n kop-aan-kop-botsing tussen ’n vragmotor en ’n sedan op die N4-tolpad naby Makro in Mbombela (voorheen Nelspruit) dood.
Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die oorledenes was die bestuurder, ’n passasier en ’n kind, almal insittendes van die sedan. Twee ander persone het ernstige beserings opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal in Mbombela geneem.
Die ongeluk word ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





