OOS-KAAP. – ‘n Baba is Saterdag omstreeks 10:55 in ‘n veld by Cala Pass gevind. Enigiemand wat oor inligting beskik oor die persoon wat die baba daar gelaat het, word gevra om na vore te kom.
Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die Cala-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings is na die ma van die babaseun, ongeveeer vier weke oud, op soek. Die baba is vir ‘n mediese ondersoek na ‘n hospitaal geneem en ‘n saak van kindervewaarlosing is geopen.
Indien jy oor enige relevante inligting beskik, kan jy 071 352 4551 bel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com