Baba uit winkelsentrum ontvoer

Lees ook :

Foto: Missing Minors The Pink Ladies Organization

WES-KAAP. – Mogamat Imaad Sharmar, was ongeveer een week oud en onregistreer, toe hy Saterdag uit die Middestad Mall in Bellville ontvoer is.

Volgens die Missing Minors The Pink Ladies Organization weeg die baba 2.1 kg, is 48 cm lank, het donkerbruin oë, swart hare en was in twee wit eenstukke geklee, waarvan een motortjies op gehad het. Hy het ook grys kousies aan sy hande en ‘n blou frokkie aangehad en was in verskeie kombersies in blou skakerings en motiewe toegedraai.

Die verdagte het haar glo as deel van die Zoë Project voorgedoen om die babaseun se ma by te staan. Die ma het badkamer toe gegaan en toe sy terugkeer, was die vrou en haar baba weg.

Enigiemand met relevante inligting van waar die baba kan wees, word gevra om GKS-Belville by 082 552 1095 te bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief