KAAPSTAD. – Medelye het ingestroom ná die dood van die eerste vroulike, swart burgemeester van Kaapstad, Theresa Mary Solomon.
Lees ook: Kouefront veroorsaak oorstromings in Wes-Kaap
Solomon is Maandag in die ouderdom van 79 oorlede. Burgemeester Geordin Hill-Lewis het gesê Solomon “sal onthou word vir haar toewyding aan geregtigheid en aktivisme wat betekenisvolle veranderinge teweeggebring het, veral op die Kaapse Vlakte waar sy ’n deurslaggewende rol gespeel het in die stig van burgerlike organisasies om veldtogte te voer vir geriewe ná gedwonge verwyderings in die 1970’s. As ’n ma, aktivis en leier sal haar nalatenskap aanhou om nuwe generasies te inspireer”.
Solomon is in 1945 in Distrik 6 gebore en was Kaapstad se burgemeester vanaf 1996 tot 1998 en was later Suid-Afrika se hoë kommissaris in Kanada en Tanzanië.
Bronne: IOL, The Daily Voice, TimesLIVE





