Kind sterf in brand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ’n Kind (6) is Sondagaand dood nadat ’n brand by drie shacks in Uitbreiding 6, Mamelodi-Oos, uitgebreek het.

Lindsay Mnguni, woordvoerder vir die Stad Tshwane se nooddienste, sê in ‘n verklaring die brand is omstreeks 21:30 by die noodkommunikasiesentrum aangemeld. Brandbestrydingseenhede, insluitend ’n watertenkvoertuig en ’n bosbrandvoertuig, is onmiddellik vanaf die Mamelodi-brandweerstasie na die toneel ontbied.

Met aankoms het brandbestryders drie shacks aan die brand gevind. Hulle kon daarin slaag om die brand te keer voordat dit al drie eenhede verwoes het. Ook kon hulle die hoofhuis en een van die shacks beskerm. Die liggaam van ‘n 6-jarige kind, wat noodlottige brandwonde opgedoen het, is in een van die shacks aangetref. Ses ander inwoners het die brand oorleef, insluitend ’n kind wat geringe brandwonde opgedoen het. Die kind is op die toneel behandel en daarna per ambulans na die Stanza Bopape-kliniek vervoer.

Gemeenskapsleiers, die polisie en ander rolspelers was ook op die toneel en het gehelp met die hantering van die voorval.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend en sal verder ondersoek word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief