Brekende Nuus
Afrikaans

SA-roeier dood ná voertuig haar tref

Suid-Afrikaanse student roeier dood ná voertuig haar tref

fotokrediet: Princeton University Atletics
Suid-Afrikaanse student roeier dood ná voertuig haar tref fotokrediet: Princeton University Atletics

JOHANNESBURG. – Princeton-universiteit het bekendgemaak dat ‘n student aan die universiteit, Kerry Grundlingh (27), dié naweek oorlede is nadat sy in Johannesburg op haar fiets deur ’n voertuig getref is.

Lees ook: Twee kouefronte vir dié week voorspel

Grundlingh, wat ekonomie studeer, is oorspronklik van Johannesburg en het Suid-Afrika in 2021 en 2022 by die Wêreld-roeikampioenskap verteenwoordig voor sy by Princeton gaan studeer het. Sy is die naweek in Johannesburg dood nadat ’n voertuig haar getref het terwyl sy fiets gery het.

Princeton-universiteit se atletiekdepartement het hulle medelye teenoor Grundlingh se familie en vriende betuig.

Bronne: Princeton University Athletics , Princeton Alumni Weekly

Lees ook: Twee kouefronte vir dié week voorspel