KWAZULU-NATAL. – ’n Seun (16) word gesoek nadat hy Vrydag by Wedgestrand in Durban in die see vermis geraak het.
Craig Lambinon, woordvoerder van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI), sê die tiener het vermoedelik tydens ’n skooluitstappie in die branders vermis geraak. Die polisie se soek-en-reddingsdiens, metropolisie en NSRI het ’n soektog in die see en langs die kuslyn uitgevoer, maar geen teken van hom gevind nie.
Die polisie ondersoek die voorval terwyl die soektog ook voortduur.





