In ‘n drieë fees het, Suid-Afrika se o18 Bokkies, Saterdag 11 drieë aangeteken om Engeland by Paarl Gimnasium te oorrompel. Die gashere het voortgebou op vroeë oorwinnings in die reeks van 43-21 oor Frankryk en 45-5 teen Ierland , om die reeks onoorwonne te eindig. Finale telling was ‘n formidabele 69-24. Hulle het van die staanspoor af goed oorheers en alhoewel die rustyd telling maar 24-17 was, het hul in die tweede helfte heeltemal die krane oopgedraai. Engeland kon, te danke aan puik kragspel en goeie afronding van SA, eers naby aan die einde nog ‘n skamele 7 punte bykry. Suid Afrika se 018’s met sy voorspeler kragspel en afgeronde agterlyn is dus dan, sonder twyfel, die beste span van die reeks. In ‘n vroeër wedstryd was SA o18 A ongelukkig oorweldig deur Frankryk met 40-14.
Punte: SA o18 69 (24) – Drieë: Jadriaan Afrikaner, Gert Kemp, Markus Muller (2), Ethan Adams, Junaide Stuart, JG Badenhorst, Altus Rabe, Josh Neill, Christian Vorster. Verdoelings: Liyema Nela (4), Ruben Groenewald (4). Strafskop: Nela. ENGLAND o18 24 (17) – Drieë: Lawrence Ogbonnaya, Henry Horsfall, Declan Treacey. Verdoelings: Hugh Shields, Oscar Talbot. Strafskop: Shields.
Fotos aXnshots – Johan Maree





