Soektog na vermiste vlieënier duur voort

Lees ook :

Foto: Andrew Blackwood-Murray

KWAZULU-NATAL. – Andrew Blackwood-Murray (61), ‘n vlieënier van Johannesburg, is steeds vermis nadat hy Donderdagmiddag tydens ‘n lugskou met ‘n ligte vliegtuig in die see naby Durban-Noordstrand neergestort het. Die soektog en herwinningsoperasie na dié vermiste SAA en aërobatiese vlieënier duur voort.

Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, het Sondag in ‘n verklaring gesê die soekoperasie word deur polisieduikers gelei en gevorderde tegnologie word ingespan om seestrome en dryfpatrone te ontleed. Wrakstukke wat tot dusver uitgespoel het, is deur die polisie, metropolisie en eThekwini se lewensredders op die strand versamel. Die vind van enige wrakstukke wat moontlik met die vliegongeluk verband hou, moet by owerhede aangemeld word, sodat dit in die ondersoek gebruik kan word.

Lorenzo Taverna-Turisan, NSRI Durban se diensbevelvoerder, het vroeër gesê die Durban-stasie word as bevelspos en operasiesentrum in die voortgesette soektog gebruik. Verskeie dienste neem aan die soekoperasie deel, insluitend polisieduikers met nog verskeie polisie-eenhede, lugvaartowerhede, die NSRI, ARCC (lugvaart-soek-en-koördineringsentrum), AIID (ondersoekeenheid vir ongelukke en insidente), SACAA (burgerlugvaartowerheid), MRCC (maritieme reddingskoördineringsentrum), TNPA (Transnet se nasionale hawe-owerheid), Durbanhawebeheer, Telkom se maritieme radiodienste, die SA Vloot, eThekwini- munisipale owerhede, eThekwini-metropolisie en soek-en-reddingseenheid, sowel as eThekwini se lewensredders en verskeie noodgesondheidsdienste.

DIe polisie en AIID het ‘n formele ondersoek geopen.

Kyla Blackwood Murray het dié spesiale boodskap vir haar vermiste man op sosiale media geplaas: Yesterday I said goodbye to my most favourite boy in the whole wide world. It was the call I have been dreading my whole life. But I always said I would rather he go doing the things he loves the most. I just didn’t realise he would have left so soon. He was my world. We did everything together and we had so many plans. We were going to grow old and be the most awesome geriatrics together.

He has taken away the biggest piece of my soul and I don’t know how I am going to live without my wingman. He brought me more joy than I ever imagined possible. He was always there for me helping me become the best version of myself. I am beyond heartbroken. Just to have one more day with him. If only. My baby may you soar the skies and visit all the amazing places you had on your bucket list. You rocked my world. You gave me meaning and purpose and I don’t know how I am going to do life without you.

Thank you for loving me completely. I am devastated. You will always be my person. Forever and always Andrew Blackwood-MurrayMatt Blackwood-Murray

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief