Tien mense, insluitend kinders, dood in Russiese aanvalle op Oekraïne

Lees ook :

Tien mense, insluitend kinders dood in Russiese aanvalle op Oekraïne fotokrediet: X

OEKRAÏNE. – Tien mense, insluitend drie kinders, is oorlede nadat Rusland Charkif en Zaporizjzjia in Oekraïne oornag aangeval het.

Lees ook: Donald Trump gaan nog wapens vir Oekraïne beskikbaar maak

Die dak en boonste vloere van ’n woonstelkompleks in Charkif is vernietig toe dit getref is.

Drie mense is dood en 20 is beseer in ’n aanval op Zaporizjzjia.

Die aanvalle kom ure voor die Oekraïense president Wolodomir Zelenski en Europese leiers in Washington aangekom het vir ’n ontmoeting met die Amerikaanse president, Donald Trump. Trump het verlede Vrydag samesprekings met president Wladimir Poetin gehad oor ’n moontlike vredesooreenkoms om die oorlog te beëindig.

Bronne: BBC, New York Times, UN News

Lees ook: Oekraïne en Rusland begin weer môre met skietstilstandsamesprekings – Zelenski

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief