Brekende Nuus
Afrikaans

Donald Trump gaan nog wapens vir Oekraïne beskikbaar maak

Donald Trump gaan wapens vir Oekraïne beskikbaar maak

fotokrediet: X
Donald Trump gaan wapens vir Oekraïne beskikbaar maak fotokrediet: X

VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê hy gaan nog wapens aan Oekraïne beskikbaar maak.

Lees ook: Indië beveel lugrederye om brandstofbeheerskakelaars op Boeings te ondersoek

Onder ’n nuwe ooreenkoms gaan die VSA wapens van miljarde dollar aan lede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Nato) verkoop, wat sal toesien dat dit Kijif bereik, vir die oorlog teen Rusland. Patriot-lugverdedigingsmissiele is ook in in die ooreenkoms ingesluit .

Die Oekraïense president Wolodomir Zelensky het gesê hy en Trump het Maandag ’n “baie goeie gesprek” gehad en het Trump bedank vir sy “bereidwilligheid om Oekraïne te ondersteun en om aan te hou saamwerk om die oorlog te beëindig”.

Trump het Moskou ook gedreig met 100%-tariewe as Wladimir Poetin nie binne die volgende 50 dae tot ’n skietstilstand instem nie.

Bronne: BBC, Sky News, The Sun

Lees ook: Indië beveel lugrederye om brandstofbeheerskakelaars op Boeings te ondersoek